Welkom By "Meer As Krummels"














Waar elke bederf met liefde gebak en vir vreugde gemaak word!

Ons tuisgemaakte feetjie koeke en feeskoeke is perfek vir elke geleentheid, van verjaarsdae tot soete versoekings. Verken ons heerlike reeks en laat ons daardie ekstra sprankel by jou spesiale oomblikke voeg.

Waar kom "Meer as krummels" vandaan?

Eendag val ‘n brood uit ‘n bewegende broodwa en rol ’n entjie verder. ’n Stukkie van die brood breek af en bly in die straat lê. Drie mossies peil af op die stukkie wat afgebreek het. ’n Hewige bakleiery breek los. Nie een van hulle het die groot brood ’n entjie verder raakgesien nie. Hulle was te besig om oor die krummels te baklei!

Dit is baie keer die krummels van die lewe waaroor ons baklei, maar daar is soveel meer as net wat vir ons lekker en belangrik is. Daar is die brood van die Ewige Lewe.

Johannes 6:50
Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.

Net die beste, vir die varsste smaak.

Die beste bestanddele, varsgebakte perfeksie

By Meer as Krummels glo ons dat wonderlike bestanddele die verskil maak. Daarom kies ons net die varsste en beste bestanddele vir elke lekkerny wat ons bak. Van romerige botter en vanielje tot sjokolade, ons verbintenis tot kwaliteit skyn deur in elke hap. Ons toewyding aan die gebruik van die beste bestanddele verseker dat elke feetjie koek en feeskoek met regte, heerlike geur bars. Want jy verdien niks minder as die beste nie!



"Waar daar koek is, is daar hoop.
En daar is altyd koek."

Dean Koontz